# Die GOOD-party het ‘n dringende aansoek by die Stellenbosch Munisipaliteit ingedien om die sanitasie en onhigiëniese toestande in die Devon Valley noodkamp aan te spreek. ‘n Inwoner van die kamp, Arno Visagie, het in Mei in die hopitaal beland vir ‘n noodoperasie weens ‘n maagaandoening. Marius van Stade van GOOD sê die volgehoue gebrek aan sanitasie hou ‘n gesondheidsgevaar in en skend die inwoners se konstitusionele reg tot ‘n veilige en gesonder omgewing: