Skip to content

Minstens 17 dood in kabelspoorongeluk in Lissabon met Portugese, Duitse en Spaanse burgers onder beseerdes

# Minstens 17 mense is dood nadat ’n kabelspoorbaan ontspoor het en ‘n gebou in Portugal se hoofstad, Lissabon, getref het. Meer as 20 ander mense is beseer, insluitende vier Portugese, twee Duitse en twee Spaanse burgers asook ‘n driejarige kind. Die polisie sê hulle werk saam met die maatskappy wat die Gloria-kabelspoor bedryf om vas te stel wie aan boord was en die oorsaak van die ongeluk te bepaal. Die ongeluk het op ‘n draai naby ‘n openbare plein in die middestad van Lissabon gebeur. Ander kabelspore in die stad is opgeskort vir inspeksies.