# Harvard Universiteit het ‘n mylpaal-oorwinning bereik in sy stryd teen die Trump-administrasie toe ‘n federale regter in sy guns beslis het in sy aansoek om byna 36-miljard-rand se federale befondsing vir navorsing terug te kry wat die Withuis bevries het. Die beslissing verwerp die administrasie se betoog dat hy die universiteit geteiken het weens anti-semitisme op kampus. Die beslissing is ‘n reuse-oorwinning vir Harvard, die enigste universiteit wat die Trump-administrasie geteiken het. Die Withuis het intussen aangedui hy gaan appelleer.
Regter sê Trump-administrasie het byna R36-miljard van Harvard onregmatig geblok