Skip to content

Minstens 15 mense dood na Lissabon se beroemde Glória-kabelspoor ontspoor

# Minstens 15 mense is dood en 18 ander beseer na Lissabon se beroemde Glória-kabelspoor in Portugal ontspoor en neergestort het. Volgens berigte het ‘n kabel langs die spoorlyn se roete losgekom, wat veroorsaak het dat dit beheer verloor en teen ‘n nabygeleë gebou gebots het. Owerhede sê daar was buitelandse burgers onder die oorledenes, maar hulle nasionaliteite is nie bekendgemaak nie. Carris, die openbare vervoermaatskappy wat die Glória-kabelspoor bestuur, sê hulle het ‘n ondersoek van stapel gestuur. Portugal se regering het vandag as ‘n dag van nasionale rou verklaar.