# Die adjunk- nasionale kommissaris van polisie, Shadrack Sibiya, gaan Woensdag voor ‘n parlementêre ad hoc-komitee verskyn. Dit volg na bewerings van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, dat senior politieke leiers ingemeng het met ondersoeke na politieke moorde. Sibiya, wat tans op spesiale verlof is, ontken die bewerings en daag die proses in die hof uit. Die komitee ondersoek bestuursgebreke binne die polisie en die breër regstelsel, en sal sy finale verslag in Oktober indien.
Sibiya gaan getuig voor parlementêre komitee wat politieke moorde ondersoek