# Die DA in Polokwane het burgemeester John Mpe versoek om dringend munisipale wateraansluiting te verseker vir die Generaal Piet Joubert-vaardigheidskool. Die skool, met 600 leerders waarvan 200 in koshuise woon, maak reeds vir langer as vier jaar staat op onbetroubare wateraflewerings met tenkwaens. Die skool het ook munisipale skuld van 400-duisend-rand vir byna nege miljoen liter water wat nooit ontvang is nie. Die DA-wyksraadslid, Johan Retters, sê die munisipaliteit se nalatigheid skend kinders se reg op water, waardigheid en onderrig.
DA eis wateraansluiting by ‘n skool in Polokwane