# Fietsry: Die viermalige Tour de France-kampioen, Chris Froome, sal nie gou weer op ‘n fiets kan klim nie. Hy het verlede week veelvuldige beserings opgedoen gedurende ‘n oefenrit in Frankryk en is na ‘n hospitaal in Toulon gevlieg. Die omvang van sy beserings is nou eers duidelik. Froome se vrou, Michelle, het aan die media gesê die 40-jarige Brit het ‘n potensieel noodlottige skeur aan die hartsak opgedoen, asook gebreekte ribbes, ‘n platgevalde long en ‘n rugfraktuur. Sy sê die herstelproses sal lank duur.
Fietsry: Lang herstelpad wag op viermalige Tour de France-wenner na ernstige ongeluk