Skip to content

Krieket: Wolvaardt lei groep van 15 Proteas na Vroue-Wêreldbekertoernooi

# Krieket: Laura Wolvaardt lei ‘n groep van 15 Proteas na die Vroue-eendag-Wêreldbekertoernooi in Indië en Sri Lanka, wat die 30ste begin. Sy sal kan staatmaak op die ervaring van spelers soos Chloé Tryon, Marizanne Kapp, Ayabonga Khaka, Suné Luus en die voorslag-kolwer Tazmin Brits. Die 17-jarige Karabo Meso is een van die paaltjiewagters en die 20-jarige veelsydige Miané Smit is die reisende reserwe. Suid-Afrika se eerste wedstryd is op 3 Oktober teen Engeland in Guwahati.