# Die Vryheidsfront Plus sê ʼn deeglike ontleding van die Ekurhuleni-munisipaliteit se ongeouditeerde jaarverslag en finansiële state vir 2024/2025 onthul ernstige tekortkominge wat bestuur, dienslewering en finansiële verantwoordbaarheid betref. Volgens die verslag het die metro slegs 79-persent van sy teikens bereik terwyl daar aan 21-persent niks gedoen is nie. ʼn VF Plus-woordvoerder, Denise Janse van Rensburg, sê die Finansiële Departement het slegs 56-persent van sy teikens gehaal terwyl die jaarlikse begroting met 50-miljard-rand oorskry is: