# Krieket: Suid-Afrika het Engeland met sewe paaltjies geklop op Headingley in Leeds om die voortou te neem in die reeks van drie eendag-wedstryde . Keshav Maharaj het vier paaltjies geneem en Wiaan Mulder drie en die tuisspan is in hulle 25ste boulbeurt vir slegs 131 uitgeboul. Aiden Markram het daarna 86 van slegs 55 balle aangeteken tydens ‘n aanvangsvennootskap van 121 met Ryan Rickelton. Die Proteas het die wenteiken in hulle 21ste boulbeurt gehaal. Die tweede kragmeting word môre op Lord’s gespeel.
Krieket: SA klop Engeland met sewe paaltjies in eerste eendagwedstryd