Skip to content

Hof verwerp Maphisa se Artikel 174-aansoek in Senzo Meyiwa-verhoor [KLANK]

# Die Hooggeregshof in Pretoria het die Artikel 174-aansoek in die Senzo Meyiwa-moordverhoor deur beskuldigde nommer vier, Mthokoziseni Maphisa, van die hand gewys. Maphisa het aangevoer die Staat het hom nie met die 2014-moord verbind nie, maar aanklaers sê hy het voor Meyiwa se meisie, Kelly Khumalo, se huis die gebied dopgehou toe die Bafana Bafana-kaptein geskiet is. Regter Ratha Mokgatlheng het beslis daar is prima facie-bewyse wat ‘n antwoord vereis en dit beteken die saak sal voortgaan:

ENG-MokgatlhengOnMaphisa