# Krieket: Die Engelse snelbouler Jamie Overton gaan waarskynlik die reeks om die As teen Australië misloop na sy aankondiging van ‘n onbepaalde verposing van toetse. Sy insluiting het seker gelyk nadat hy in Julie in die laaste toets teen Indië gespeel het, maar hy sê sy deelname aan alle formate het sy tol geëis. Die 31-jarige Overton sê hy kan nie meer fisies en geestelik toegewy wees aan toetse én witbalkrieket nie. Engeland se witbalkaptein, Harry Brook, beskryf die besluit as ‘n verrassing, maar sê hy respekteer dit.
Krieket: Overton van Engeland gaan straks die reeks om die As teen Australië misloop