Skip to content

Krieket: Australiese snelbouler Mitchell Starc tree uit T20-wedstryde

# Krieket: Die Australiese snelbouler Mitchell Starc het sy uittrede uit T20-internasionale wedstryde aangekondig om te fokus op die toets- en die eendag-formaat . Die 35-jarige het nog nie weer ‘n T20 gespeel sedert verlede jaar se Wêreldbekertoernooi in die Karibbiese Eilande nie. Starc sê hy sien uit na die toer teen Indië, die reeks om die As en die eendag-Wêreldbekertoernooi in 2027 en hy dink dis die beste pad vorentoe om vars en fiks te bly.