# Krieket: Drie-honderd Suid-Afrikaners en 241 buitelanders gaan volgende Dinsdag in Johannesburg deelneem aan die veiling vir SA20 se vierde seisoen. Die liga het ‘n ongekende meer as 800 speler-registrasies ontvang, waarna die lys verkort is volgens die ses spanne se hersiening. Onder die sterk plaaslike talent is die Proteas se T20-kaptein, Aiden Markram, Quinton de Kock, Keshav Maharaj, Wiaan Mulder, Lungi Ngidi en Dane Paterson. Die oorsese spelers sluit in die veteraan-Engelsman Jimmy Anderson, sy landgenoot Moeen Ali, die Australiër D’Arcy Short en die Nieu-Seelander Devon Conway.
Krieket: 541 plaaslike en oorsese spelers opgeveil vir SA20 se volgende seisoen