Skip to content

Krieket: Suid-Afrika en Engeland spook vandag sake uit in eerste eendagwedstryd in Leeds

# Krieket: Die Proteas, wat pas witbalreekse met gemengde uitslae in Australië voltooi het, pak Engeland vandag in die eerste van drie eendagwedstryde op Headingley in Leeds. Suid-Afrika het die eendagreeks teen die Aussies 2-1 gewen nadat hulle die T20-reeks 1-2 verloor het. Die Proteas is tans sesde op die eendagwêreldranglys en Engeland agtste. Die oorblywende eendagwedstryde word Donderdag op Lord’s gespeel en Saterdag in South Hampton, gevolg deur T20’s in Wallis, Manchester en Nottingham vanaf volgende Woensdag.