# Transplant Education for Living Legacies, TELL, plaas die kollig op kinders met chroniese niersiekte en die dringende behoefte aan orgaanskenking. Suid-Afrika herdenk die week Nierbewustheidsweek. Volgens die organisasie het die land een van die wêreld se laagste skenkersyfers. Die besturende direkteur, Stella de Kock, sê Bewustheidsweek moedig vroeë opsporing, gesinsbesprekings oor skenking en oorweging van lewende skenking aan. Meer as agtduisend Suid-Afrikaners wag op lewensreddende oorplantings, insluitend 40 kinders:
Nasionale Nierbewustheidsweek beskerm kinders en bevorder skenkings [KLANK]
AFR DeKockOnKidneyAwareness