Skip to content

Tennis: Medvedev en jarelange afrigter se paaie skei

# Tennis: Daniil Medvedev van Rusland het sy afrigter van die afgelope agt jaar afgedank. Die 29-jarige het onder Gilles Cervara tot bo-aan die ATP-wêreldranglys geklim ​​en ses Grand Slam-eindstryde gehaal, waarvan hy die Amerikaanse Ope in 2021 gewen het. Hulle laaste wedstryd saam was in die huidige Amerikaanse Ope waar hy in die eerste ronde teen Benjamin Bonzi van Frankryk verloor het. Medvedev het sy raket stukkend geslaan en is swaar beboet. Hy het in vanjaar se vier Grand Slam-toernooie slegs een wedstryd gewen.