# Motorsport: Die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen, Lewis Hamilton, is met vyf wegspringplekke beboet vir dié naweek se Italiaanse Grand Prix, sy Ferrari-span se tuis-wedren. Hy het nie onder dubbele geel vlae stadiger gery voor gister se Nederlandse Grand Prix nie. Hamilton het later teen ‘n muur langs die baan gebots en sy spanmaat, Charles Leclerc, se wedren is ook kortgeknip nadat hy teen Mercedes se nuweling, Kimi Antonelli, gebots het. Hamilton se beste moontlike wegspringplek in sy eerste wedren vir Ferrari op Monza kan die sesde plek wees.
Motorsport: Hamilton met vyf plekke beboet vir Italiaanse Grand Prix