# Die Israelse Weermag het bevestig dat die woordvoerder van Hamas se gewapende vleuel, Abu Obeida, oor die naweek in ‘n lugaanval in Gazastad dood is. Die weermag sê Obeida was ‘n sleutelteiken van ‘n aanval in die al-Rimal-woonbuurt. Hamas het nog nie sy dood nie bevestig nie. Die weermag sê Obeida het propaganda- en sielkundige terreurveldtogte gelei, en beeldmateriaal van ontvoerde Israelse burgerlikes en soldate en die gruweldade van die slagting op 7 Oktober versprei. Hy sê Obeida kan nie meer sy leuens, propaganda en terreur versprei nie.
Israelse Weermag bevestig dood van Hamas-woordvoerder Abu Obeida