Skip to content

DA betreur afsterwe van Sandton Wyk 90-raadslid Martin Williams

# Die DA betreur die heengaan can die raadslid vir Sandton Kiesafdeling Wyk 90, Martin Williams. Die oorsaak van sy dood is onbekend. Williams, ‘n voormalige redakteur van The Citizen, het die afgelope dekade as ‘n openbare verteenwoordiger in Johannesburg gedien. Die DA sê hy was instrumenteel in die stryd vir dienslewering en laat ‘n onuitwisbare merk op sy gemeenskap, die koukus en die party agter. Die DA prys sy toewyding om lewens te verbeter en demokratiese regering te versterk.