Skip to content

Regter sê Trump se uitbreiding van migrante-deportasies skend regsproses.

# ‘n Federale regter het ‘n poging van die Trump-administrasie gestuit om die deportasie van migrante wat in die VSA aangehou word, te bespoedig, en dit as ‘n skending van die regproses bestempel. Regter Jia Cobb het gesê, anders as migrante wat by of naby die grens aangehou word, teiken die administrasie nou mense wat ‘n geruime tyd in die land woon. Cobb sê hulle het ‘n sterk vryheidsbelang om in Amerika te bly en behoorlike prosedure moet gevolg word volgens die vyfde Grondwetwysiging. Die regering het intussen die hof versoek om die beleid in werking te laat tree, en aangevoer dis ‘n wettige uitoefening van uitvoerende gesag.