# Die gewese pastoor Colin Davids van Platinum Forex en sy mede-aangeklaagde, Derek Bredenkamp, is elk nege jaar tronkstraf in die Handelsmisdaadhof in Bellville, Kaapstad, opgelê oor ‘n Ponzi-skema van 329-miljoen-rand. Hulle is in Junie skuldig bevind in die saak wat ‘n dekade lank geduur het. Ondersoekers het bevind Platinum Forex was nie geregistreer nie en beleggers se geld is misbruik vir persoonlike gewin.