# Die Russiese president Vladimir Putin sal in Desember amptelik besoek in Indië aflê, namate bande tussen die lande hegter word en na Amerika tariewe op Nieu-Delhi gehef het oor sy aankope van Russiese olie. Putin sal ook Maandag die Indiese eerste minister, Narendra Modi, op ‘n streeksberaad in China ontmoet. Die Amerikaanse president Donald Trump het tariewe op Indiese goedere ingestel as straf vir Nieu-Delhi se massiewe aankope van Russiese olie, deel van ‘n veldtog om Moskou te druk om sy aanslag in Oekraïne te beëindig.