# Die Gauteng Provinsiale Wetgewer se Portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid het sy kommer uitgespreek oor padblokkades deur die Metropolisie en Gauteng Verkeerspolisie wat al meer gebruik word vir inkomste-invordering eerder as misdaadvoorkoming. Tydens ‘n vergadering met premier Panyaza Lesufi en die provinsiale polisiekommissaris Tommy Mthombeni, het lede opgemerk dat baie operasies fokus op onbetaalde boetes in plaas daarvan om misdadigers, dwelms of onwettige vuurwapens te teiken. Die komitee doen ‘n beroep vir intelligensiegedrewe, misdaadgefokusde padblokkades om veiligheid te verbeter, terwyl motoriste versoek word om verkeerswette te gehoorsaam.
Gauteng komitee opper kommer oor padbblokkades se fokus