Skip to content

Krieket: R131-miljoen beskikbaar vir SA20 se spelerveiling

# Krieket: ‘n Reuse-bedrag van 131-miljoen-rand is beskikbaar vir die ses franchises in volgende maand se spelersveiling van die SA20 se vierde seisoen. Al die spanne het hul voorseisoense ooreenkomste voltooi, asook spelers wat behou is en promotorskeuse-aanwinste. Hulle kan nou fokus om hulle spanne voltallig te maak met die res van hul toegekende 41-miljoen-rand – die tweede hoogste salarisplafon ná die Indiese Premierliga. Pretoria Capitals, met 32,5- miljoen, het die meeste geld oor, gevolg deur Durban’s Super Giants met 29,5-miljoen-rand. Die seisoen begin op 26 Desember.