Skip to content

SAHPRA versnel goedkeuring van M-pokke-toets ingevolge Afrika-medisyne hermoniseringsproses

# Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte, SAHPRA, het die Cobas MPXV-toets vir M-pokke goedgekeur na ‘n blitsige nege dae lange hersiening met behulp van die Afrika-medisyne regulatoriese harmoniseringsproses. Die goedkeuring, wat ook staatgemaak het op die Wêreldgesondheidsorganisasie se noodgebruikslys, vergroot Suid-Afrika se diagnostiese kapasiteit vir vroeë opsporing en tydige behandeling, asook die voorkoming van die virus se verspreiding. ‘n SAHPRA-woordvoerder Yuven Gounden sê die proses is ‘n mylpaal in streeks- en kontinentale regulatoriese harmonisering van mediese toestelle.