# Vandag, vyf jaar gelede tydens die streng Covid-19 inperking, is ActionSA tydens ‘n regstreekse ateljeeuitsending vanaf Aucklandpark van stapel gestuur. ActionSA se president, Herman Mashaba, sê die party is gebore uit The People’s Dialogue, ‘n aanlyn interaksie met Suid-Afrikaners in reaksie op ‘n openbare oproep vir ‘n nuwe party gegrond op beginsels en gedeelde waardes. Hy sê ActionSA se parlementêre span het reeds kragtige wetgewing ingedien, met verdere voorstelle in die pyplyn. Dit sluit in grondwetlike wysigings om adjunkministers af te skaf en verantwoordbaarheid te versterk, en die oormatige vermorsing van ministeriële uitgawes te verminder.
ActionSA vier sy vyfde verjaardag