Skip to content

Fietsry: Chris Froome ondergaan operasie na ernstige ongeluk in Frankryk

# Fietsry: Die viermalige Tour de France-wenner, Chris Froome het ‘n operasie ondergaan nadat hy veelvuldige beserings in ‘n ongeluk in die suide van Frankryk opgedoen het terwyl hy op ‘n oefenrit was. Die 40-jarige Brit het geen kopbeserings opgedoen nie, maar het ‘n gebreekte werwel, sy long het platgeval en vyf ribbes is gebreek. Geen ander fietsryers was by die ongeluk betrokke nie. Froome is in die laaste maande van ‘n vyfjaarkontrak wat hy in 2021 met die Israel Premier-Tech-span gesluit het.