# Frankryk, Duitsland en Brittanje het met die proses begin om die Verenigde Nasies se sanksies teen Iran weer in te stel om sy kernprogram in toom te hou. Dis in 2015 opgehef. Die nuwe sanksies sluit in die bevriesing van bates, opskorting van wapenooreenkomste en die beperking van enige ontwikkeling van Iran se ballistiese missielprogram. Die drie Europese lande, bekend as die E3, sê die kernprogram bly ‘n bedreiging vir internasionale vrede en veiligheid. Iran se Ministerie van Buitelandse Sake het die stap gekritiseer as uitdagend en onnodig.
Frankryk, Duitsland en Brittanje wil VN-sanksies teen Iran herinstel weens sy kernprogram