# President Cyril Ramaphosa sê die land moet deursigtige, betroubare en etiese privaat en openbare instellings bou waar korrupsie nie kan wortel skiet nie. Hy het die sluitingsverslag van die Nasionale Teenkorrupsie-adviesraad ontvang. Die raad is in September 2022 gestig om die instel van Nasionale Teenkorrupsie-strategie te lei en onder meer raad te gee oor hoe die staat sy teenkorrupsie-strategie kan bou. Ramaphosa sê die sukses van die pogings om korrupsie te beveg berus op die regering se vermoë om dit in die eerste plek te voorkom.
Ramaphosa sê betroubare en etiese instansies is nodig om korrupsie te beveg