Skip to content

ActionSA in KZN bekommerd oor gebrek aan verantwoordbaarheid in eThekwini-munisipaliteit

# ActionSA in KwaZulu-Natal het teen eThekwini-munisipaliteit se aanbeveling gestem dat ongemagtigde, onregmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes van meer as een-miljard-rand afgeskryf word. Tydens ʼn raadsvergadering gister het die provinsiale regering van nasionale eenheid ten gunste van die aanbeveling gestem en dit aanvaar. ActionSA-woordvoerder Sanelisiwe Zuma sê die raad het ook besluit om geen amptenare aanspreeklik te hou vir die uitgawes nie, en beskryf die besluit as absurd. Zuma sê die munisipaliteit word beheer deur ʼn wankelrige koalisie bestaande uit die ANC, IVP, EFF en NFP.