# Die Europese Unie het Rusland se gesant in Brussel ontbied nadat minstens 14 mense dood en die EU se diplomatieke sending in die Oekraïnse hoofstad, Kiëf, beskadig is in ‘n reuse-aanval. Die hoof van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê dit bewys die Kremlin sal nie huiwer om sy buurland te terroriseer nie, maar blindelings burgerlikes sal doodmaak en selfs die EU sal teiken. EU-amptenare het ‘n foto van ‘n kantoor gedeel met die vensters wat uitgeblaas is, die stukkende plafon en puin op die vloer.
EU ontbied Rusland se gesant in Brussel ná aanval op diplomatieke sending in Oekraïne