# Gholf: Die jong Australiër Jeffrey Guan is terug in die beroepspel byna ‘n jaar nadat hy die sig in sy linkeroog verloor het in ‘n fratsongeluk. ‘n Bal het die 21-jarige op die oog getref tydens ‘n toernooi in Sydney – slegs ‘n week na sy buiging op die Amerikaanse PGA-toer. Die tweemalige Australiese junior amateur-kampioen het vanoggend sy belofte gestand gedoen om terug te keer toe hy afgeslaan het in die PGA-kampioenskap in Palmerston, met ‘n ronde van 74. Guan sê dit was ‘n wonderlike gevoel.
Gholf: Jong Australiër keer terug na beroepspel na hy sig in een oog verloor het