# Die DA sê 860 beddens by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal het nie volledige stelle linne nie, wat ‘n gevaar van infeksies inhou en ongemak vir pasiënte veroorsaak. Die party sê die Gautengse Departement van Gesondheid erken die tekorte aan paslakens, kussingslope, slaapklere en bedoortreksels, maar gee ou wasmasjiene en vertragings in verskaffing die skuld. Die DA-lid, Jack Bloom, sê die situasie is ‘n bewys van swak bestuur. Bloom vra dringende optrede om te verseker hospitale het genoeg skoon linne:
DA beskuldig Gautengse Gesondheid van swak bestuur oor linnekrisis by Baragwanath-hospitaal [KLANK]
ENG BloomOnLinenCrisis