# Daily Maverick het die Hooggeregshof in Johannesburg se besluit verwelkom om die sakeman Collen Mashawana se dringende aansoek teen die publikasie met koste van die hand te wys. Hy wou hê die hof moet Daily Maverick en die ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh verbied om verder verslag te doen oor bewerings van korrupsie teen hom, sy stigting en die geskorste hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, Tebogo Malaka. Waarnemende regter Alex Pullinger het die aansoek van die rol geskrap. Myburgh sê dis ʼn groot oorwinning vir ondersoekende joernalistiek en mediavryheid.
Hof beslis in Daily Maverick se guns in Mashawana se swygbevel-poging