Skip to content

ANC verwelkom ANC Jeugliga se verduideliking oor nasionale dialaoog

# Die ANC sê hy verwelkom die verduideliking van die party se Jeugliga oor die nasionale dialoog en sy ondersteuning daarvan. Dit volg nadat die Jeugliga die nasionale konvensie vir die dialoog gekritiseer en gesê het dit kort betrokkenheid van die jeug en dis bloot ‘n teeparty vir vriende. Die regering beskryf die dialoog as gelei deur die mense vir almal in die land. Die ANC sê die rol van die jeug is om sterk en vreesloos in hul betrokkenheid te wees, maar die party lei steeds die Jeugliga op politieke gebied om al die belange van jong mense te bevorder.