# Tennis: Die Suid-Afrikaner Lloyd Harris is in die Amerikaanse Ope se tweede ronde uitgeskakel deur verlede jaar se finalis, Taylor Fritz van Amerika. Die wêreld-nommer-twee van Spanje, Carlos Alcaraz, het die Italianer Mattia Bellucci maklik verslaan om die derde ronde te haal. Alcaraz se moontlike teenstander in die halfeindronde, die Serwiër Novak Djokovic, het met die Amerikaanse kwalifiseerder, Zachary Svajda, afgereken. In die vroueafdeling het verlede jaar se naaswenner, Jessica Pegula van Amerika, en die Brit Emma Raducanu ook na die derde ronde deurgedring.
Tennis: Lloyd Harris van Suid-Afrika uitgeskakel by Amerikaanse Ope, maar Alcaraz en Djokovic wen