# Rugby: Die Springbokke het in ‘n opgeruimde luim in Auckland, Nieu-Seeland, aangeland teen middernag plaaslike tyd en is opgewonde oor die uitdaging om hul aartsvyande, die All Blacks, die volgende drie weke in twee agtereenvolgende Rugbykampioenskapstoetse te pak. Die Bokke het die lang reis van Suid-Afrika na Auckland via Sydney, Australië, onderneem en sal môre in die gimnasium oefen en herstel voor hulle Vrydag hulle eerste oefening op die veld het. Die Bokke pak die All Blacks volgende Saterdag op Edenpark en ‘n week later in Wellington.
Rugby: Bokke land in opgeruimde luim in Auckland