# Israeliese veiligheidsmagte het op sowat agt-miljoen-rand van wat hulle “terreurfondse” noem, beslag gelê tydens ‘n klopjag in die besette Wesoewer. Israeliese magte het ‘n geldeenheidwisselaar in Ramallah geteiken en tientalle Palestyne gewond gelaat. ‘n Verklaring deur ‘n polisiewoordvoerder sê die Israeliese grenspolisie en die weermag het ‘n geldeenheidswisselaar in die hartjie van Ramallah bestorm wat gebruik is om fondse na Hamas oor te dra. Nege gesoekte verdagtes wat daarvan beskuldig word dat hulle by terreuraktiwiteite betrokke is, is in hegtenis geneem.
Israeliese magte lê beslag op byna R8-miljoen se ‘terreurfondse’ in Ramallah