# Frankryk het drie skedels uit die koloniale era aan Madagaskar terugbesorg. Een daarvan is moontlik dié van ‘n Malgassiese koning wat gedurende ‘n 19de-eeuse massamoord deur Franse soldate onthoof is. Die skedel, vermoedelik van koning Toera, en twee ander van die Sakalava-etniese groep is oorhandig tydens ‘n seremonie by die Franse Ministerie van Kultuur. Franse soldate het koning Toera vermoedelik in 1897 onthoof en sy skedel as ‘n trofee na Frankryk geneem waar dit in Parys se nasionale geskiedenismuseum geplaas is saam met honderde ander oorblyfsels van die eiland.
Frankryk oorhandig skedels uit koloniale-era, insluitend van koning Toera, terug aan Madagaskar