# Katolieke en Grieks-Ortodokse priesters en nonne sal in Gaza-stad aanbly ondanks Israel se plan om die stad militêr oor te neem. Die godsdiens-gemeenskappe het in ‘n gesamentlike verklaring gesê ontruimingsbevele is reeds vir verskeie woonbuurte in Gaza-stad uitgereik. Honderde ontheemdes het sedert die uitbreek van die oorlog in die Grieks-Ortodokse kamp van Sint Porfirius en die Katolieke Heilige Familie-kamp begin woon, insluitende kinders en persone met spesiale behoeftes. Israelse dwaalskote het die Heilige Familiekerk verlede maand getref en drie mense is dood en tien gewond.
Katolieke en Griekse kerklui bly in Gaza-stad aan ten spyte van Israelse inval