Skip to content

Wes-Kaapse regering veroordeel dodelike taxigeweld [KLANK]

# Die Wes-Kaapse regering veroordeel die onlangse dodelike geweld in die taxibedryf. Nege mense, ses taxibestuurders en drie passasiers, is gister geskiet in afsonderlike voorvalle in Philippi-Oos en Khayelitsha. Drie mense is dood. Die Wes-Kaapse LUR vir Beweeglikheid, Isaac Sileku, sê pendelaars, operateurs en die breër publiek se veiligheid is nie onderhandelbaar nie. Hy voeg by die provinsiale regering sal dit nie duld as vredespogings in die taxibedryf ineenstort nie:

ENG SilekusOnTaxiViolnce