# Die Madlanga-kommissie sal nie op 1 September kan begin met sy ondersoek na bewerings van politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel nie. Dit word daaraan toegeskryf dat die Department van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling probleme ondervind met die verkryging van noodsaaklike infrastruktuur. Die voorsitter, regter Mbuyiseli Madlanga, sê dit is betreurenswaardig dat ’n aansienlike deel van die tydperk van drie maande waarna die kommissie ’n tussentydse verslag moet indien, verstryk het sonder dat ’n enkele getuie aangehoor is.
Madlanga-kommissie se verhore uitgestel weens probleme met infrastruktuur-verkryging