# Motorsport: Die Mexikaanse renjaer, Sergio Pérez, en die Fin Valtteri Bottas gaan volgens berigte volgende seisoen by die Formule Een-nuweling, Cadillac, aansluit. General Motors is verlede jaar as ʼn elfde span toegelaat en het besluit om onder die Cadillac-handelsmerk deel te neem. Pérez is nie vanjaar by ʼn span nie nadat Red Bull hom aan die einde van die vorige seisoen laat gaan het. Bottas is na twee jaar by Sauber vervang en was vanjaar as reserwe-bestuurder terug by sy vorige span, Mercedes.
Motorsport: Pérez en Bottas sluit glo volgende seisoen by Cadillac aan