Skip to content

DA in Gauteng betoog by premier Lesufi se kantoor oor toenemende misdaad

# Die DA in Gauteng hou môre ʼn plakkaatbetoging buite premier Panyaza Lesufi se kantoor in Johannesburg. Die doel is om dringend hul kommer te lug oor die stygende misdaadkrisis in die provinsie en die voortslepende gebrek aan hulpbronne by polisiekantore. Die party se provinsiale leier, Solly Msimanga, sal die betoging lei. Die DA sê Lesufi het herhaaldelik verklaar dat sy administrasie voorkeur gee aan die stryd teen misdaad. Hy voeg egter by dat die werklike situasie vir inwoners ʼn ander prentjie skets.