Skip to content

BOSA gee drie name aan Ramaphosa om te oorweeg as SA ambassadeurs in Washington

# Build One South Africa is steeds bekommerd oor die voortgesette afwesigheid van ‘n Suid-Afrikaanse ambassadeur in Amerika. Die party het ‘n stel geloofwaardige kandidate vir die posisie aan president Cyril Ramaphosa voorgelê. Hulle is die sekretaris-generaal van die Afrika-vryhandelsgebied, Wamkele Mene, die korporatiewe bestuurskenner Reuel Khoza en die hoof van Wits se Bestuurskool en lid van die President se Ekonomiese Adviesraad, Mzukisi Qobo. BOSA sê die huidige vakuum aan die stuur van die land se sending in Washington is onhoudbaar.