Skip to content

Netanyahu sê hy is spyt oor die tragiese voorval by die Nasser-hospitaal waarin 20 dood is

# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy het berou oor die tragiese voorval by die Nasser-hospitaal in Gaza. Minstens 20 mense, insluitend vyf internasionaloe joernaliste, is dood in ʼn Israelse bomaanval. Die jongste sterftes bring die aantal joernaliste wat sedert die begin van die oorlog in Oktober 2023 in Gaza dood is, op byna 200 te staan. Netanyahu sê militêre owerhede is besig met ʼn deeglike ondersoek. Hy sê Israel heg waarde aan die werk van joernaliste, mediese personeel en alle burgerlikes.