Skip to content

SA Toerismedienstevereniging kritiseer ontbinding van SA Toerismeraad

# Die Suid-Afrikaanse Toerismedienstevereniging sê die ontbinding van die Suid-Afrikaanse Toerismeraad ondermyn bestuur, bestendigheid en die bedryf se internasionale reputasie. Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, het die raad verlede week ná ʼn spesiale vergadering ontbind. Sy beweer ʼn onregmatige besluit is aanvaar, naamlik die uitvoerende hoof, Nombulelo Guliwe, se skorsing weens wangedrag. Die vereniging sê die minister se optrede ontbloot ʼn kommerwekkende en volgehoue patroon van oorskryding van ministeriële magte, inmenging en teenstrydighede.