# Die Buitelandse Persvereniging het ‘n onmiddellike verduideliking van die Israelse weermag en premier Benjamin Netanyahu se kantoor geëis na aanleiding van die dood van ‘n groep joernaliste. Ten minste 20 mense, insluitend vyf joernaliste, is dood in ‘n Israelse aanval op die Nasser-hospitaal in die suidelike Gazastrook. Dit kom twee weke nadat ses joernaliste dood is in ‘n Israelse aanval naby die al-Shifa-hospitaal in Gazastad. Die Buitelandse Persvereniging sê Israel moet onmiddellik sy praktyk om joernaliste te teiken, staak.
Buitelandse Persvereniging eis onmiddellike verduideliking van Israel oor die dood van joernaliste