Skip to content

Sperdatum vir registrasie vir ondersoek na apartheid-era-sake is vandag

# Families van slagoffers en oorlewendes van menseregte-skendings uit die apartheids-era het tot vanmiddag vier-uur om te registreer vir vooraf-raadpleging met die regterlike kommissie van ondersoek. President Cyril Ramaphosa het die kommissie in Mei gevestig om die dwarsboming van Waarheid- en Versoeningskommissie-sake te ondersoek. Die kommissie sal vasstel of beamptes die polisie of aanklaers beïnvloed het om sake te vertraag, moontlike samespanning, en of grondwetlike eise geregverdig is. Die kommissie moet sy werk binne ses maande afhandel en daarna binne 60 dae verslag doen.